Gratis aflewering op bestellings van R750 of meer
Koffie en beskuit op 'n stoep met die bosveld in die agtergrond

Want die lewe is te kort vir slegte koffie.

Vars gerooste koffie. Drie reekse. Landwye aflewering.

Geen etikette. Geen nonsens.

Hoekom lyk al ons sakke dieselfde?

Omdat jy koffie drink, nie die sak nie. Ons het die etiketgeld in beter bone gesit.

Drie identiese swart koffiesakke langs mekaar met koffiebone

Dieselfde sak. Ander koffie. Ander rekening.

Die reeks

Kies jou klas

Sien alles

Kan nie besluit nie? Proe al drie. Ons oordeel nie.

Moerse Lekker Koffie sak: Arm Mense

Donker rooster

Arm Mense

Die werkperd. Sterk, donker en sonder verskonings.

  • Neute
  • Donker sjokolade
  • Dik crema
Sterkte

R349 / 1kg

Vanaf R99 (250g)

Kies opsies
Moerse Lekker Koffie sak: Middelkas Mense

Medium rooster

Middelkas Mense

Betroubaar soos 'n bakkie met 'n sleepwa.

  • Neute
  • Melksjokolade
  • Karamel
Sterkte

R409 / 1kg

Vanaf R119 (250g)

Kies opsies
Moerse Lekker Koffie sak: Ryk Mense

Medium-lig rooster

Ryk Mense

Die bone het meer paspoortstempels as jy.

  • Bloubessie
  • Sjokolade
  • Speserye
Sterkte

R449 / 1kg

Vanaf R129 (250g)

Kies opsies
Moerse Lekker Koffie sak: Proe-pakkie

3 x 250g

Proe-pakkie

Kan nie besluit nie? Proe al drie. Ons oordeel nie.

  • Neute
  • Sjokolade
  • Bloubessie

R329

3 x 250g, een van elke reeks

Kies opsies

250g sakkies

Klein sakkie. Groot koffie.

Moerse Lekker Koffie sak: Arm Mense 250g

Donker rooster

Arm Mense 250g

Klein sakkie. Groot koffie.

  • Neute
  • Donker sjokolade
  • Dik crema
Sterkte

R99 / 250g

Klein sakkie, dieselfde koffie

Kies opsies
Moerse Lekker Koffie sak: Ryk Mense 250g

Medium-lig rooster

Ryk Mense 250g

Klein sakkie. Steeds duur smaak.

  • Bloubessie
  • Sjokolade
  • Speserye
Sterkte

R129 / 250g

Klein sakkie, dieselfde koffie

Kies opsies

Hoe werk dit

Drie stappe. Nul drama.

01

Kies jou klas

Arm, Middelkas of Ryk. Niemand oordeel nie. Ons lieg.

02

Kies jou maling

Heelboon, plunger/filter of espresso.

03

Ons stuur dit

Elke week vars gerooster. Ons stuur binne 2 werksdae.

Plunger koffie en twee bekers op 'n houttoonbank
Espresso wat by die huis getrek word
Vars geroosterde bone in 'n houtskep

Ons storie

Ons red oggende.

Dit het begin met 'n slegte koppie koffie op 'n Dinsdagoggend in Pretoria. Een sluk, en ek het besluit: nooit weer nie. Ná 14 lande, 3 verlore tasse, een donkie en omtrent 2 000 koppies koffie, het ons die geheim ontdek.

Lees die storie

Vir almal

Die klein drukwerk, maar groot.

Maling

Heelboon, plunger/filter of espresso. Ons maal dit, jy drink dit. Spanwerk.

Varsheid

Elke week vars gerooster. Ouer koffie drink ons self.

Versending

Ons stuur binne 2 werksdae. Aflewering neem gewoonlik 2 tot 4 werksdae.

Aflewering

Koerier R99. Gratis aflewering op bestellings van R750 of meer. Gratis afhaal in Pretoria.