
250g sakkie
Middelkas Mense 250g
Om te proe voor jy commit.
R119
250g sakkie. Wil jy meer hê? Die groot sak kom in 500g en 1kg.
Maling
Hoeveelheid
1
Koerier R99, gratis op bestellings van R750 of meer. Gratis afhaal in Pretoria.
Smaakprofiel
- Liggaam
- Suurheid
- Soetheid
- Bitterheid
Rooster: Medium
- Neute
- Melksjokolade
- Karamel
Maak dit so
- Plunger
- Filter
- Koffiemasjien
Vir wie? Elke dag, swart of met melk. Mense met 'n bond en twee honde.
Oorsprong
Brasilië, Colombia
Lees meer oor die bone
- Bone
- 100% Arabica. Soos 'n Toyota Fortuner: betroubaar, en almal in die kompleks het een.
- Oorsprong
- Brasilië (Minas Gerais) en Colombia (Huila). Twee lande wat weet hoe om 'n braai te hou.
- Rooster
- Medium. Nie te veel nie, nie te min nie. Net soos jou salarisverhoging.
- Smaak
- Neutagtig en sjokolade, glad soos 'n skoolhek-gesprek met die ander ma's.
- Die beste vir
- Plunger, filter of die koffiemasjien wat jy op Black Friday gekoop het.
- Geskik vir
- Mense met 'n bond, twee honde en 'n WhatsApp-groep vir die buurtwag.
