Gratis aflewering op bestellings van R750 of meer

Afleweringsbeleid

Ons stuur koffie, nie beloftes nie. Hier is presies hoe dit werk.

1. Koste

Aflewering kos R99 landwyd binne die Republiek van Suid-Afrika. Gratis aflewering op bestellings van R750 of meer (subtotaal). Gaan haal in Pretoria is gratis; ons bevestig die adres en tye per e-pos sodra jou betaling deurgekom het.

2. Verwerkingstyd

Ons rooster elke week vars. Ons pak jou bestelling en stuur dit binne 2 werksdae nadat die betaling bevestig is. Bestellings wat oor naweke of openbare vakansiedae geplaas word, word die volgende werksdag verwerk.

3. Aflewertyd

Aflewering neem gewoonlik 2 tot 4 werksdae nadat ons dit gestuur het. Buitegebiede kan effens langer neem. Hierdie tydlyne is skattings wat deur die koerier bepaal word en nie gewaarborg kan word nie. Ons bid saam met jou.

4. Spoornommers

Sodra jou pakkie die pad vat, stuur ons 'n spoornommer aan die e-posadres wat jy by die afhandeling verskaf het. Kyk gerus ook in jou gemorspos voordat jy vir ons skryf.

5. Verkeerde of onvolledige adresse

Die adres wat jy verskaf, is jou verantwoordelikheid. As 'n pakkie weens 'n verkeerde of onvolledige adres teruggestuur word, is 'n tweede aflewering teen die normale afleweringsfooi betaalbaar.

6. Vertragings buite ons beheer

Ons is nie aanspreeklik vir vertragings wat veroorsaak word deur die koerier, kragonderbrekings, weerstoestande, stakings, betogings of ander gebeure buite ons redelike beheer nie. Ons help jou wel om dit na te jaag.

Moerse Lekker Koffie is 'n handelsnaam van Lilolex (Pty) Ltd, Reg. 2020/123456/07, Pretoria, Gauteng. Nie BTW-geregistreer nie. Navrae: bestellings@moerselekkerkoffie.co.za