Gratis aflewering op bestellings van R750 of meer

Terugsendbeleid

Koffie is 'n verbruikbare produk, maar jou regte bly staan. Hier is die reëls.

1. Beskadigde of verkeerde bestellings

Kry jy 'n beskadigde sak, die verkeerde reeks, die verkeerde maling of die verkeerde grootte, laat weet ons binne 7 dae na ontvangs by bestellings@moerselekkerkoffie.co.za met jou bestellingnommer en 'n foto. Ons stuur die regte produk of betaal jou terug. Geen drama nie.

2. Koeltydperk vir aanlyn aankope

Ingevolge artikel 44 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies mag jy 'n aanlyn aankoop binne 7 dae na ontvangs kanselleer en terugstuur. Die produk moet ongeopend en verseël wees. Die koste van die terugstuur is vir jou rekening, en ons betaal die aankoopprys binne 30 dae terug.

3. Geopende sakke

Om voedselveiligheidsredes kan ons nie geopende sakke koffie terugneem nie, tensy die produk gebrekkig is. Ons is nie ongeskik nie, ons is net higiënies.

4. Gebrekkige goedere

Artikel 56 van die Verbruikerswet gee jou die reg om gebrekkige goedere binne 6 maande terug te stuur vir 'n herstel, vervanging of terugbetaling. Smaak wat nie jou smaak is nie, is ongelukkig nie 'n gebrek nie.

5. Hoe om terug te stuur

Skryf aan bestellings@moerselekkerkoffie.co.za voordat jy iets terugstuur. Ons bevestig die adres en die stappe. Pakkies wat sonder bevestiging teruggestuur word, kan ongelukkig nie verwerk word nie.

6. Terugbetalings

Goedgekeurde terugbetalings word binne 10 werksdae na dieselfde betaalmetode terugbetaal wat jy gebruik het. Afleweringsfooie word slegs terugbetaal wanneer die fout ons s'n was.

Moerse Lekker Koffie is 'n handelsnaam van Lilolex (Pty) Ltd, Reg. 2020/123456/07, Pretoria, Gauteng. Nie BTW-geregistreer nie. Navrae: bestellings@moerselekkerkoffie.co.za