Gratis aflewering op bestellings van R750 of meer
Moerse Lekker Koffie sak: Middelkas Mense

Everyday Blend

Middelkas Mense

Betroubaar soos 'n bakkie met 'n sleepwa.

R409

Grootte

Maling

Hoeveelheid

1

Koerier R99, gratis op bestellings van R750 of meer. Gratis afhaal in Pretoria.

Smaakprofiel

Liggaam
Suurheid
Soetheid
Bitterheid

Rooster: Medium

  • Neute
  • Melksjokolade
  • Karamel

Maak dit so

  • Plunger
  • Filter
  • Koffiemasjien

Vir wie? Elke dag, swart of met melk. Mense met 'n bond en twee honde.

Oorsprong

Brasilië, Colombia

Lees meer oor die bone

Bone
100% Arabica. Soos 'n Toyota Fortuner: betroubaar, en almal in die kompleks het een.
Oorsprong
Brasilië (Minas Gerais) en Colombia (Huila). Twee lande wat weet hoe om 'n braai te hou.
Rooster
Medium. Nie te veel nie, nie te min nie. Net soos jou salarisverhoging.
Smaak
Neutagtig en sjokolade, glad soos 'n skoolhek-gesprek met die ander ma's.
Die beste vir
Plunger, filter of die koffiemasjien wat jy op Black Friday gekoop het.
Geskik vir
Mense met 'n bond, twee honde en 'n WhatsApp-groep vir die buurtwag.